Judith De Beer
Judith de Beer is gebore in Baberton op 20-05-1958. Sy het grootgeword as die dogter van ‘n spoorwegwerker en beleef ‘n stormagtige en rebelse jeug.
Sy druip haar standerd 6 jaar op skool en sluit haar skoolloopbaan later met ‘n praktiese sertifikaat af. Met geen akademiese agtergrond nie is die enigste beroep wat sy ooit beoefen dié van huisvrou. Haar belangstelling is om vanuit rommel iets bruikbaars te skep. Sy ontvang vanaf 30 Mei 2007 die Innerlike Woord.
Judith de Beer is ’n eindtyd boodskapper wat onder geen leiding van enige menslike denkrigting staan of aan enige organisasie, instansie, sekte of kerk behoort nie. Sy ontvang geen donasies of vergoeding van enige aard nie en daarom mag geen openbaring deur haar ontvang hetsy dit op die internet, in boek of traktaatvorm is, onder enige omstandigheid verkoop
word nie. Heeltemal gratis word dit vanuit die Gees ontvang en heeltemal gratis word dit as waarskuwing en bemoediging in hierdie tyd deurgegee waar elke leser dit met behulp van die onderskeidingsgees kan ondersoek.